13 épisodes
(4 h 20 min)
Épisodes
S1 E1 • Blou Ligblou
Frikkadel begin sy eie besigheid nadat hy sy werk verloor het. Voor hy hom kan kry stel hy twee onbeplande personeellede aan wat sy eie idees oor sy besigheid verander.
S1 E2 • Koop of Omkoop
Die Vetkoekpaleis maak oop en Frik beleef die gepaardgaande probleme. Hy word deur ´n "gesondheidsinspekteur" besoek en is so senuagtig dat hy 22 vetkoeke verniet weggee voordat Worsie en Boeboe hom oortuig dat besigheid volgens die reëls maar die beste is.
S1 E3 • For You..... Verniet
Terwyl Boeboe gaan eksamen skryf by die "Polly-Anne School of Beauty", werk haar niggie, Sue-Ellen, in haar plek. Sue-Ellen oortuig vir Frik en Worsie dat Spiros Takanakis hulle vetkoekresep wil steel.
S1 E4 • Poppie S'n
Besigheid is stil by die Vetkoekpaleis. Spiros het ´n buikdanser gehuur om kliënte na sy winkel te lok. Frik besluit om ook ´n vertoning te reël. Groot is sy verbasing as die danseres, Lolita Queen of Love, ´n ou meisie van hom blyk te wees
S1 E5 • Die Mechanic, die Bakkie, die Trein en die Koei
Frik ondervind probleme wanneer hy sy bakkie laat diens. Na groot drama ky hy ´n nuwe bakkie. Boeboe skryf eksamen en word verneuk. Sy word ook deur ´n jaloerse vrou bygedam.
S1 E6 • Sakeman, Sakeplan
Frik reël met die Sun City busbestuurder om by Eugene se winkel te stop vir aandenkings, by die Vetkoekpaleis vir kos en by Tiger se garage vir brandstof en om ´n draai te loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, ´n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verbyry. Worsie kom tot die redding.
S1 E7 • Die Wulpse Konsultant
Frik besef dat besigheid glad nie so maklik is nie, en raadpleeg ´n konsultant. Die konsultant is hopeloos te duur maar dinge verander wanneer Boeboe sy klein swart adresboekie ontdek. Worsie lok besigheid deur ´n radiostasie in Benoni waar ´n vriend van hom werk.
S1 E8 • Worsie Word 'n Wors
Daar is chaos wanneer Worsie vrouens ontdek. Frik en Boeboe kan glad nie met hom praat nie en sy ma is ontsteld. Frik kry vir Worsie 'n woonstel en sy ma is aanvanklik daarteen gekant maar gee toe wanneer sy besef dat sy hom nie kan keer nie.
S1 E9 • Lulu en Loftus
Boeboe doen 'n besering op en moet vir 'n week in traksie lê. Frik moet iemand kry om uit te help, want anders gaan hy 'n belangrike rugby wedstryd misloop. Hy en Poppie kry stry en sy weier om te help. Tiger gee vir hom 'n plek se naam waar hy kelnerinne kan kry, maar tot sy skok is dit 'n "escort agency".
S1 E10 • Poppie Kry Stilstuipe
Frik moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly. Wanneer Poppie siek voel en vroeg huistoe gaan is Boeboe oortuig dat Poppie swanger is. Worsie vertel dit vir sy ma, wat op haar beurt die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg.
S1 E11 • Bibi en die Stywe Lywe
Worsie is oortuig dat Boeboe 'n dubbele lewe lei wanneer hy haar foto in 'n tydskrif sien. Boeboe ontken dit en na 'n groot deurmekaarspul vind sy uit dat sy 'n dubbelganger in Benoni het.
S1 E12 • Die Tweede Prys
Daar is groot drama op Nigel wanneer Tiger nie kaartjies vir die Springbokke teen die All Blacks toets gekry het nie. Daar is net een kaartjie beskikbaar en almal wil dit hê. Worsie wen 'n tweede prys in 'n kompetisie en die prys is twee toetskaartjies.
S1 E13 • Poppie is Op Pad
Poppie se werk stuur haar vir 'n kursus in Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was, maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.