Saison 4

11 épisodes

(3 h 40 min)

1
2
3
4
5
6
7
8
9
10

Filtrer

Saison 1

Saison 2

Saison 3

Saison 4

Saison 5

Épisodes

Modifier ma progression
Reputasie

S4 E1 Reputasie

Worsie kry ‘n werksaanbod van Spiros. Die aanbod beloof beide besigheid en plesier te verskaf aangesien Worsie ook met Spira, Spiros se dogter, moet trou. Daarvoor sien Worsie kans, maar om boonop nog pa te staan vir haar ongebore baba is vir hom een te veel. Frik wil ook niks daarvan hoor nie en gryp in om die situasie te red. Worsie se reputasie bly in die proses in die slag.

Blou Pille

S4 E2 Blou Pille

Boeboe ontmoet haar “droomman”….wynplaas de lot. Sy sê egter vir hom dat sy die Vetkoekpaleis se eienaar is en Frik is glad nie hiervoor te vinde nie. Hy is egter te laat om die gerugte te keer en sit met personeelprobleme wanneer Worsie wil weet waar is sy aandeel van die Vetkoekpaleis. Ella kom spog met haar hernude liefdeslewe, haar man, Apie, is op wonderlike nuwe blou medikasie.

Poppie se Pêrels

S4 E3 Poppie se Pêrels

Sheridan kry probleme wanneer sy meisie se pa hom met Barbie sien dans. Dis egter niks in vergelyking met Frikkadel se moeilikheid wanneer Poppie ‘n sekere Monica se visitekaartjie in sy beursie ontdek. Monica is ‘n mannejagter wat by die juwelierswinkel werk en Frik moet sy feite agtermekaar kry om weer Poppie se guns te wen.

Die Vleispotte van Nigel

S4 E4 Die Vleispotte van Nigel

Worsie daag laat by die werk op na ‘n wilde pajamapartytjie in sy woonstel. Ella is ontsteld wanneer die opsigter haar vertel van die partytjie en sy boonop vir Vaatjie in sy ‘Telly Tubby’ en Thabo in sy ‘Spiderman’ nagklere kry waar hulle hul roes lê en afslaap. Boeboe deel Worsie mee dat sy sonder nagklere slaap en indien daar dalk ‘n krisis sou ontstaan soos ‘n brand of iets, sal sy of kaalnael of deur ‘n brandweerman gered word. Die polisie ontbied Worsie om te verduidelik wat van drie verpleegsters geword het wat by sy partytjie was.

Die Dobbelgogga

S4 E7 Die Dobbelgogga

Frikkadel stuur Worsie na Nigel se poskantoor om vier krapkaarte te koop. Worsie beland egter in Johannesburg waar die bakkie gesteel word. Frikkadel is ook in die sop want hy het die bakkie se versekeringspremie weggedobbel. Die polisie kry egter die bakkie terug en eind goed, als goed…

In belang van Rugby

S4 E8 In belang van Rugby

Poppie soek ‘n paar tjeks vir huishoudelike uitgawes. Mnr Louw, die skoolhoof, kom stel sy “vriendin” Fanny aan Frikkadel voor. Fanny is ‘n sangeres en wil ‘n konsert aanbied in belang van rugby. Fanny gaan nie goed af by Poppie nie maar Worsie is veel meer ingenome met haar. Boeboe “flash” vir Worsie om sy seining van haar te verander.

Worsie se Woorde

S4 E9 Worsie se Woorde

Poppie voel dat Ruben ‘n boetie of sussie moet kry. Frik, wat vir ‘n jaar nie Loftus toe kon gaan nie, maak erg beswaar teen die voorstel. Hy sien net nie kans vir alles wat ‘n nuwe baba meebring nie. Sheridon het vroumensprobleme van sy eie wanneer sy baas, Me. Mapoeza besluit om allerhande temas vir die sekuriteitswagte se uniforms in werking te stel. Hy doen aansoek om ‘n spietkop te word. Worsie help onbewus vir Poppie om Frikkadel te oortuig toe hy vir Boeboe in die kombuis lewensprioriteite verduidelik.

Die Kettingbrief

S4 E10 Die Kettingbrief

Worsie ontvang ‘n kettingbrief wat dreig dat die ongeluk hom bloots gaan ry as hy nie gehoor gee daaraan nie. Koekie nooi Worsie na haar troue. Boeboe stel voor hy vat ‘n ‘seksie cherrie’ saam om Koekie te vermaak. Sheridon word ‘n spietkop. Worsie se kombuis ontplof byna en hy word by die troue uit die kerk gegooi. Worsie se geluk draai egter en Poppie en Frikkadel s’n ook.

Die Prins van Plesier

S4 E11 Die Prins van Plesier

Sheridon vertel vir Worsie dat hy Koekie in die Mall gesien het en Worsie haas hom daarheen. Koekie weier aanvanklik om met Worsie te praat maar kom dan tog vir hom kuier. Voor Sheridon maak Worsie die pap so bietjie dik aan. Koekie hoor hom en sy gee hom ‘n verdienstelike skop onder die bas. Worsie belowe om dit nooit weer te doen nie en hulle maak op.

Die Ja-woord

S4 E12 Die Ja-woord

Sheridon en Fogele kom hou sy afskeidsete in die Vetkoekpaleis. Hulle raak getrek en Frik drink saam net om gesellig te wees. Ella klap vir Worsie, en Frik gooi haar by die winkel uit. Poppie moet die vrede kom bewaar en kry ‘n gesellige Delport aan diens. Poppie vervies haar en Frik is reguit ‘dog box’ toe. Koekie daag op net toe almal loop en Worsie vra haar om sy ‘cherrie’ te word, sy sê ja. Ella dring aan dat Worsie sy nuwe meisie aan haar en Apie moet kom voorstel. Koekie en Worsie maak gereed om te gaan. Koekie lyk pragtig en Worsie is smoorverlief. Op die ingewing van die oomblik vra hy haar om te trou.

Die Moet-troue

S4 E13 Die Moet-troue

Sheridon kom vertel vir Frik dat gerugte die rondte doen dat iemand in die Vetkoekpaleis moet trou. Sonder om die skinderstorie behoorlik te bevestig spring Ella weg met trou- en onthaalreëlings. Frik, Sheridon en Fogele reël ‘n ramparty. Boeboe soek ‘n kêrel, Poppie reël ‘n wittebrood en Koekie kry vir Worsie om ‘n dominee te reël. Die groot dag breek aan en alles is gereed. Almal is ook gereed, behalwe Worsie. Hy het net spoorloos verdwyn. Gaan hulle Worsie kry? Gaan iemand nog trou? Was al die reelings verniet? Word Ella se droom of nagmerrie waar?