4 épisodes
(3 h 20 min)
Filtrer
Saison 1
Saison 3
Saison 4
Saison 5
Saison 6
Saison 7
Saison 8
Saison 9
Saison 10
Saison 15
Saison 17
Épisodes
S5 E13 • Oor Luanda na Pedras Negras en Calandula
Luanda is ’n stad in wanorde. Tussen die chaos word daar hard gewerk om dit een van die mooiste stede in Afrika te maak. Van die hoofstad het die Voetsporespan gereis na een van Angola se indrukwekkendste landmerke – Pedras Negras. Massiewe swart rotse in die middel van ’n vlakte. Dit sal nog een van die land se hooftoerisme-aantreklikhede word. Asof dit nie genoeg is nie, is die waterval van Calandula so skouspelagtig soos Victoria, met ’n gewaarborgde reënboog elke middag as die son skyn. 9147km van die Voetsporereis van Gansbaai tot Gaboen was agter die rug. Daar het nog 5431km voorgelê voor die span sou aankom in Libreville, noord van die ewenaar.
S5 E15 • By Matadi die DRK binne
Na die besoek aan die mond van die Kongorivier is dit ’n reis die binneland in, in die rigting van die DRK. Dis nie ’n paadjie wat deur baie gebruik word nie. Dis meestal tweespoor. Saans slaap die manne sommer in die veld. Wanneer hulle uiteindelik die grens bereik, is dit gesluit. Dis nog ’n dag se wag voor hulle die DRK, die vyfde land op vanjaar se reis, kon binnegaan. In die DRK sien hulle die spoorwegstelsel van weleer wat deur die Belge gebou is en dan gaan saal hulle af by die skouspelagtige watervan van die Chutes de Zonges.
S5 E16 • Wanorde in Kinshasa
Hierdie episode begin met dieselfilterprobleme en daarna ’n besoek aan die Botaniese Tuin van Kisantu. Die tuin is meer as 100 jaar gelede deur ’n Jesuïetepriester begin en spog vandag met plante van dwars oor die wêreld. Maar dan is dit Kinshasa in – een van die mees wanordelike hoofstede in Afrika. Tog vind die span ’n uitstekende restaurant met van die beste garnale op die kontinent. Hulle besoek ook die dieretuin, en Streicher, die span se jongste lid, sluit ook in Kinshasa by hulle aan. Daarna kruis hulle die Kongorivier na Brazzaville.
S5 E20 • Lambaréné – tuiste van Albert Schweitzer
In die eerste helfte van die vorige eeu het dr. Albert Schweitzer ’n hospitaal opgerig in die destydse Frans-Ekwatoriaal-Guinee. Die hospitaal het oor die jare duisende mense van verskillende siektes genees. Die personeel van die hospitaal kom van dwars oor die wêreld, en kom werk gratis in die dorpie Lambaréné om die droom van die Nobelpryswenner Schweitzer te help verwesenlik. Die span gaan kyk waar die goeie dokter sy werk gedoen het.